Share…

Ek share nie sommer op my blog nie. Maar die is well, net te na aan die hart vandag…

Hier waar ek sit in my nuutgemaakte, kruie/droeë/vye/suurlemoenboom- tuin is ek met ‘n hart vol weemoed en verlange. Oor verspeelde kanse en ek wonder het ma ooit my liefde vir ma raakgelees in dit wat ek vir ma se seun/kleinkinders gedoen het, in verjaarsdagkaartjies vasgepen in ink vol dankie sê woorde, vir die seun wat […]

via Ma 2017-09-22 — hier “blok” ek!

Advertisements

Tranedal verder…

Wow. Ek het gister die rekord try opstel vir hartseer. En miserabelik gevaal.

Lekker nê?

Anyhow. Vandag is weer die volgende dag.

Niks rerig om te raporteer anders as well, ek gaan vandag ge-arresteer word vir aanranding of selfs poging tot moord.

Vaping. Met daardie devices wat lyk asof jy jouself aan die brand gesteek het met die bolle rook/stoom/vapor wat jy so uitblaas.

Hier by ons… Ugh. Ek raak sommer kinderlik ongelukkig en volwasse die bolts and nuts in as ek daaraan dink.

images

Sien. Hier is hierdie mannetjie hier waar ek werk. Baard. Bril. En dan daardie topknot op die kop wat ek wens ek kan afruk met my kaal hande!

En hy Vape.

Great stuff. Geen probleem. Maar die dom… oertel dink omdat dit kamstig nie skade doen nie, dit okay is om dit hier in die kantoor waar ons beweeg te doen.

Het julle al ooit gesien hoe word so vape-pyp in iemand se gat opgedruk terwyl daar vertel word aan die vent wat dit beteken om met een long asem te kan haal want well, jou long het in matriek platgeval en sedert dan maak enige vorm van rook of enige iets in die lyn van dit, my so bloody benoud ek wil doodgaan…

Ek wil sy arms afruk en hom bloedkant deur die bek slaan.

Kalm nou Skeletor… Kalm…

 

12 Maande en 24 Jaar gelede

Vertel sussie nou die dag vir my: “Pa is more ‘n jaar dood en Broer 24 jaar.”

Ek sit effens geskok. Volgens my kop moet Pa nou eers siek wees die tyd verlede jaar. Nie al dood nie!

Ook dat hy en Broer 24 jaar tot op die dag uitmekaar dood is, was ook vir my groot nuus.

Kyk, ek sukkel met datums. Verjaarsdae onthou ek so 3 mense s’n. Sterftes? Nie eers een nie.

Oupa, Ouma, Pa, Ma, Broer, Oom, Tannie… Nee wat. Vir my is jy gebore, getoëe (sommiges meer as ander) en jy het jou bydrae in die lewe gemaak en is kis toe.

Lief vir jou en als maar ook ‘n tyd vir Koebaai.

amon_visiting_mados_grave